Met die loopbaanbeplanningsprogram werk ons deur 9 beroepsareas, 45 beroepsvelde en meer as 900 spesifieke beroepe. Dit klink dalk oorweldigend maar dit is glad nie!
Outeur van My Lewe gee jou eienaarskap van die persoon wie jy is, deur ‘n inter-aktiewe proses. Die waarheid is dat elkeen verantwoordelik vir sy/haar eie lewe is.
The Neuro-Coach Method™ is ‘n saamgestelde benadering van lewensafrigting, berading en terapie. “Coach” is Engels vir ‘n perdekoets. Jy word figuurlik vervoer na jou eindbestemming deur die afrigtingsproses (coaching).
Deur die klein gereelde stappies (1% reël) doelgerig en berekend te neem vind groei plaas. Jou lewensafrigter is soos ‘n “Gim Partner” wat jou motiveer om op te daag en dan die beste uit jou haal en te laat groei in die regte rigting.