Loopbaanbeplanning behels meer as om ‘n studierigting by ‘n universiteit te kies. Hoërskool-leerders, studente en persone wat ‘n loopbaanverandering wil doen, vind baat by hierdie loopbaanbeplanningsprogram.
Die loopbaanbeplanningsprogram is ontwerp om duidelikheid te verskaf aangaande alle beroepskeuses. Dit mag dalk voor die handliggend klink, maar die realiteit het iets anders bewys; nie alle persone het die begeerte om verder aan ‘n universiteit of tegniese kollege opleiding te ontvang nie. Ons gemeenskap is saamgestel uit ‘n groeiende getal ambagte en beroepe wat die lewe vir die samelewing vergemaklik. Aanlegtoetse word te gereeld gebruik as die enigste maatstaf as rigtingwyser in loopbaan beplanning. Met die Uncaged Loopbaanbeplanningsprogram misken ons nie die waarde van aanlegtoetse nie, maar die leerder, student of werksoeker stap na ons sessie uit met ‘n dokument wat doelgerigte inligting verskaf.
Die eenvoudige vraag wat beantwoord moet word is: “Wat gaan jy word?”
Met die loopbaanbeplanningsprogram werk ons deur 9 beroepsareas, 45 beroepsvelde en meer as 900 spesifieke beroepe. Dit klink dalk oorweldigend maar dit is glad nie! Die interaktiewe proses werk deur al die relevante inligting met ‘n filterproses. Gebruikers van die loopbaanbeplanningsprogram het ‘n duidelike aanduiding wat betref hul belangstelling en of hul huidige akademiese kwalifikasies of skoolvakkeuses hulle in staat stel om hul droom te volg.
In die loopbaanbeplanningsprogram, verskaf ons ook omvattende inligting aangaande akademiese instansies, kolleges en alternatiewe instansies. Die loopbaanbeplanningsprogram identifiseer eksterne faktore wat keuses beïnvloed. Ons werk met die voornemende studente, werklose persone en die persone wat van beroep wil verwissel.
Die belangrikste aspek van die program is dat dit nie net vir toppresteerders in skoolvakke is nie.
Ons voorsien inligting en duidelikheid aangaande verskeie beroepe:
• Ingenieurswerke en Tegnologie (Argitektuur, Mynbou, Konstruksie, Ambagte, Motorwerktuigkunde, Geologie, Skrynwerk)
• Gesondheid en Natuurwetenskappe (Medies, Oogheelkunde, Tandheelkunde, Mediese Ondersteuningsdienste, Biologiese Navorsing en Sielkunde)
• Rekenaars en Inligting Tegnologie (IT en Stelsels, Hardeware/Sagteware, Multimedia en Ontwerp)
• Besigheid, Finansies en Bestuur (Finansieel en Kommersieel, Bemarking en Verkope, Menslike Hulpbronbestuur, Administrasie)
• Landbou en Omgewing (Landbou Voedsel-/Dierkunde/Beplanning, Geografie, Argeologie, Marine Biologie)
• Menslik, Sosiaal en Onderrig (Onderwys/Opleiding, Sport en Fiksheid, Skoonheidstegnologie, Religieuse studies, Geskiedenis en Kultuur)
• Dienste (Hotel en Gasvryheidsbedryf, Lugvaart, Weermag en Staatsdiens, Veiligheid en Sekuriteit)
• Kuns en Kultuur (Kunste/Ontwerp, Klere/Mode Ontwerp, Juwele, Film/TV, Gedrukte Media, Musiek en Vermaak)
• Taal en Wetsgeleerdheid (Taal, Joernalistiek, Wetsgeleerdheid, Regsadviseurs)