PSIGOMETRIE VS EKOMETRIE

-

Die gesegde lui “Horses for Courses”. Hierdie is ook die beste benadering wanneer besluit word of die gewenste resultate verkry sal word deur of Psigometrie of Ekometrie. Alles word bepaal na gelang van jou omstandighede.

Om onderliggende Psigiatriese kondisies te behandel, is psigiatrie die gepaste benadering. Ekometrie evalueer jou omstandighede. Dit bied oplossings in die areas van waardesisteme, verhoudings, trauma en stres. Om jou eie werklikheid en oorwegings te evalueer, is van uiterste belang.

Mense is nie dieselfde nie en daarom ervaar ons dieselfde situasie verskillend. Dit is op hierdie wyse dat Ekometrie die aangewese maatstaf is. Dit verskaf ‘n persoonlike, pasgemaakte ervaring wat waarde toevoeg tot jou lewe.

PSIGOMETRIE

Meet persoonlikheid om ‘n diagnose te maak.

Die onmiddelike uitwerking van die omgewing op die kliënt word nie altyd in ag geneem nie.

Gestandaardiseer op die Norm.

Norm verwysings word bepaal deur gemiddeldes en standaard wisselinge te bepaal. Minimum en maksimum resultate word in ag geneem om standaardisering van ‘n bepaalde groep te bereken.

Maatstawwe word bepaal deur wat die samelewing verteenwoordig.

Vooroordele met betrekking tot Populasie groepe.

Die meting sal dus ‘n respondent vergelyk met ‘n standaard van gemiddeldes en ‘n deviasie daarvan. 

Die sterkste argument teen hierdie norme is, dat die gemiddelde eienskappe van ‘n populasie nie as norm geneem kan word nie. Dit sal eenvoudig beteken dat gemiddelde die aanvaarbare standaard is.

EKOMETRIE

Dit het te doen met die kwantifisering van die graad van balans tussen die persoon en sy/haar omgewing.

Dit het hoofsaaklik te doen met hoe ‘n persoon aanpas in sy/haar omgewing.

Kriteria verwysingskaal

Die maatstaf hoef nie vergelykend van die gemeenskap te wees nie, aangesien dit fokus op die individu.

Spesifieke aandag word gegee aan die telling wat verkry word wanneer ‘n spesifieke individu se gedrag gemeet word in ‘n spesifieke scenario en dus nie gebaseer is op veralgemening nie. 

Die doel is eenvoudig om te bepaal of ‘n persoon hulp nodig het, sonder om bevooroordeeld te wees. 

Inligting verskaf deur Perspektief Training Centre Studie Materiaal

Author

Share this article

Popular categories

Previous article
Next article

Recent comments